gebed
op sy duin
sit ‘n ou man
jonk van gees
uit genade getoë
soveel om oor te treur
geliefdes, geloftes, geloof
bring sout oor sy wonde
herinneringe van weleer
dan waai die seebriesie
trek koelte oor sy siel
plak wonde toe
helende olie
wat alles
uit pyn
na
liefde
en vreugde
met Lig opwek
verander in vrede
geen politiek
of ambisie
kan
Sy
genade
ontken
© Tearlach.
Lewer Kommentaar
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.