Jongste aktiwiteit:

saam

 

 

om saam te wees

nie alleen te wees

is net genade en vrugte

van die heilige gees

 

om saam te wees

kan ook eensaam wees

wanneer siele nie meer ontmoet

dan is dit saam-alleen

 

om saam te wees

op holistiese bootjie

seil jy/julle eensaam voort

saamwees is seën

 

om saam te wees

kan verbrokkel en verdwyn

val een weg is saam weg

net emosies bly oor

 

om saam te wees

is soos skildery in proses

geverf deur lewensomstandighede

die voltooide doek nie sigbaar

 

om saam te wees

bly die vrug van die gees

saam is soms harde werk

maar beloning groot

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander