Jongste aktiwiteit:

Geheim van die woud (brons)

Die laaste lewende mens van die Tanaru inheemse stam in Brasilië is in Augustus 2022 voor sy huis doodgevind. Beamptes van FUNAI, ‘n organisasie in Brasilië wat hul inheemse bevolking beskerm, het bekend gemaak dat hierdie stam nou amptelik uitgesterf is. Die man is in ‘n hangmat voor sy strooihut gevind, omring deur helder papegaaivere wat daarop dui dat hy moontlik geweet het hy gaan sterf. Vermoedelik aan natuurlike oorsake, want daar was geen tekens van geweld, struweling of geen ander mense betrokke nie. Hy was vermoedelik ongeveer sestig jaar oud met sy afsterwe.

Ek wil ook eendag sterf omring met helder vere – sonder tekens van geweld of lyding.

FUNAI het hierdie man al vir jare agtervolg om hom sodoende te beskerm. Hy was een van die sewe oorblewende stamlede. Hy het meer as ‘n kwarteeu alleen op die Tanaru se inheemse grond in die Amerikaanse reënwoud gewoon nadat die ander ses stamlede in 1995 uitgewis is. Die meeste van die stamlede is tussen 1970 en 1990 doodgemaak deur veeboere wat hulle grond wou hê.
Beeldmateriaal uit 2018 wys waar die man met gereedskap wat soos ‘n byl lyk, besig was om hout te kap. En hierdie was die laaste wat hy lewend gesien is.
Daarna kon beamptes van FUNAI net spore van hom kry en ook diep gate by die verskillende huise waar hy gewoon het. Die gate het moontlik as lokvalle vir diere gedien, of om self weg te kruip. Van hier ook die bynaam “Man van die gat”.
“Man van die gat” wou niks met mense te doen gehad het nie en as hy vermoed het daar is mense in sy nabyheid, het hy pyle na hulle geskiet. FUNAI het dikwels gereedskap, kos en sade vir hom gaan neersit, maar hy het dit nooit gevat nie. Dit is te verstane as ons kyk na sy geskiedenis met ander mense: veeboere het “geskenke” vir sy stam op plekke neergesit, maar dit was vol rottegif en so is baie stamlede oorlede. Hy het niemand vertrou nie.

Ek kan my nie indink om so stoksielalleen te wees nie. Die laaste van sy mense. Hy alleen in sy taal, in sy stam, sy tradisie, sy kultuur. As hy doodgaan, is daar net niks oor nie! Was hy die heeltyd bewus hiervan?

Met “Man van die gat” se afsterwe is die menseslagting van sy volk afgehandel. Dit was ‘n doelbewuste uitwissing van hierdie stam as gevolg van veeboere wat hul grond wou hê.

Nie ‘n nuutjie in ons samelewing nie. Vanaf die vroegste tye is mense besig om mekaar te uit oorlê as gevolg van… wat? Is ons bloot eenvoudig net te gierig gebore? Of gaan dit om oorlewing? Die geskiedenis herhaal homself oor en oor en oor – dit is wat verkeerd met die geskiedenis is! Ons is in ‘n resies betrokke van oorwinning en katastrofe.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed