gesindheid
met klappe oor jou oë
gaan jy deur jou leefwêreld
dit bepaal jou gemoedsgesteldheid
kleur jou houding, oortuiging en leefwyse
persoonlike geluk en vrede gevorm
deur jou gesindheid eerder as
jou daaglikse omstandighede
openbaring van wat regtig
jou binneste mens regeer
vertoonkas van jou
vlak van liefde
liefde vir
jouself
jou naaste
en jou Skepper
gesindheid kan verander
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.