Van skande tot genade
Van skande tot Genade
Verlate en verlore.Moeg is lankal moeg.
Hoop het langs die pad sy eie koers gekies. Trots het homself vir skande geruil.
Opgehuil, reeds verwoes staan ek vuil voor U kruis, smeek vir U genadegawe
Skoon gewas, geen meer las, dank ek U vir nog ‘n kans.
Vry van skuld en las, het ek geen meer angs.
Dankie, Heer – U regeer.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.