Giraf Se Ode
Giraf Se Ode
Ek is ‘n sierlike langnek giraf en kyk
trots ver oor die savannes heen waar
wildstroppe rustig wei en ver op die
einder golwend ‘n waterlose mirage—
O,ek ken oorvloed en ek ken droogtes
en is lief vir ons kronkelende waterweë
en hier op die vlaktes die koeltebome en
ruie bosse langs die droë omarimbas—
Ek weet van groot dorpe en stede en sien
die groot voëlstralers se verbyvlug oor ons
pragtige bergreekse iewers heen, maar ek
verkies die tortel se klapwiek verbyvlug in blou lug—
Ek weet van hul groot orkeste se pragmusiek en
van divas, soliste en maestro’s , maar ek verkies
op snikhete dae die sikadekore saam met diep
korhaan en kraai basobligato’s en totokkietromme—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
wow.. PRAGTIG!!!!