glo wat jy sien
wat hy sien is vaag
deur ‘n waterige gordyn
verskuif sy sig van akwaties
na skitter helder verligte wêreld
verander sy rustige bestaan
in harde pynlike bestaan
om asem te haal
of te vergaan
onder klotsende skuim
vergaar skulpdiere sonder skulp
uitgespoel op harde sand-strande
soek dit oorlewing of herlewing
in die karige hulpmiddels
wat dobber en spoel
borrelende verstek
wegsak in sand
lewe is ‘n misgordyn
slegs sigbaar wanneer dit reën
sonder onverdiende seën van Bo
is daar geen veilige tuiskoms nie
geen hernubare groei sonder
herhalende genade
wat elke saadjie
laat ontkiem
hoe ver wil jy sien my kind
verstaan eers die realiteit om jou
al jou beskikbare hernubare bronne
jou verwysingsraamwerk van vriende
jou eie bloedfamilie wat jou ondersteun
kyk eers daarna na vandag se verhaal
en kyk hoe die deure oopgaan
van jou verstand en hart
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.