God se Skepping
God se Skepping
Fel die haat
ongeag die leuen
oproerigheid woed
opstokers hits aan
gif tentakels slaan in
addertonge spoeg
agendas in die duister
wreedheid ken geen perke
wolwefluite loei in wind
naguile roep vervaard
jakkalsstert-tussen-die-been
onteer heiligskennis
sadistiese regverdiging
van mikrofoon
tot mikrofoon
verwarring in die gros
twyfel in gideonsbende…
weerlose broses biddende
uitgelewer aan valsgode
profetiese bedrog
in helder luide fanfare
chaotiese tonele op grondvlak
jou waarheid
my waarheid
God se waarheid
sal seëvier
©Berna
22.03.2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.