Grillerig
slymerige anglisismes
kwyl uit die mond
van hensopper-afrikaans
soveel só dat die potlood
puntbreekweier om dit te skryf;
gate in papier druk
om nekhaarrysend
te gril ril en stil
dié “afrikaansslym” uit jou oë te vee
koorsig gryp jy na Opperman,
Krog of Schoeman en
suiwer nuutskeppinge
skoenmaker hou jou by jou lees
tuis soos ‘n uil op ‘n kluit
saam met tant Koba se koffie
© Francois Meyer November 2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek