
‘n Ou verhaal
Dis amper weer die einde van die jaar
met gemengde gevoelens, en jou geduld is op
moeg van werk, moeg van die malligheid om jou
mens wil net wegkom van alles af.
Dis November maand, kersbome begin flikker
beurtkrag, petrolpryse dit al’s voel of die land
besig is om in duie te stort
maar moenie perspektief verloor, al is van
“Joy to the world” nou net iets van lank-lank gelede.
Die verlange na stilte, na eenvoud
na ‘n stal waar Jesus gebộre is
‘n kerslied te sing, in ‘n kerkie te sit
die vrede en welbehae te hoor –
van Jesus se geboorte.
want hierdie stukkende land
is dalk tog iets van ‘n ou verhaal.
En tog…
is beelde in jou kop soms so bedrieglik
was die wӗreld maar die kleur van klank,
en wind
dan het ons lankal, ‘n eenheid vir geen probleme gevind.
Palet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek