Jongste aktiwiteit:

GROEN VINGERS

GROEN VINGERS

Jy weet, Bokkie my babie, dis snaaks hoe iets simpels soos groen merke op mens se vingers jou sommer so kan steel en gaan wegsteek in die onthou van ‘n eendag se anderdag. Veral met ‘n wise-ass hart en ‘n cheeky vrouweesgemaak soos myne; wat mal is vir konsert hou en altyd sorg dat ek ‘n VIP sitplek heel voor kry:-)So in die bedink van ‘n klomp goeters vang my oog my een hand se vingers en ek sien hulle is hier en daar vol groen merke. Nee, ek sal nie kan sê vanwaar Gehasie nie…Maar sonder enige toestemming onthou ek weer my Monja-kind (ma se liefkind) en die Sho’t Leftengeltjie wat haar vingers aspris kom groen maak het toe sy geslaap het.Sy was baie lief om haar naels te kou; sommer net omdat sy kon – sonder enige rêrige rede. Veral as sy diep aan die dink was oor watter liedjie sy volgende kan skryf om op haar kitaar te tokkel; of watter prentjie sy volgende kan laat lewe op papier.Ek’t als probeer om haar daai gewoonte te laat afleer; maar (hardkoppig soos haar ma:-) ) wou niks werk nie. Maar omdat en oordat sy nie ‘n ‘normale’ ma gehad het nie, het ek ‘n slim faikonta plan gemaak: Ek’t vir haar gesê dat as sy weer haar naels kou dan gaan ek vir Hero vra om ‘n Sho’t Leftengeltjie te stuur om haar vingers grasgroen te verf as sy slaap. Enne ja, Bokkie my babie; toe ek seker is sy is diep wegverloor in Droomland; toe – toe dam ek daai mooi vingers van my meisiekind baiebaie deeglik by met groen koekkleursel!!…Sal nooit daai gesiggie vergeet toe sy die kamer ingestorm kom, vingers in die lug: “Mamma!! Mamma; kyk jou Sho’t Leftengeltjie het honor bright my vingers kom groen verf!!” en nog ‘n stortvloed-woorde.En ek was so koel soos ‘n airconditioner in die High Karoo – maar om ‘n lang storie kort te maak: Sy nooit weer naels gekou nie.Sy’t tot die dag van haar Hemeltoe gaan nooit geweet van haar ma se koekkleursel-plan nie. Hoe kon sy ook – gegewe dat daai einste ma van haar ‘n disaster in die kombuis was; steeds is….Kyk; ek het altyd gesê as jy iemand wil bekeer koop vir hom ‘n Blackberry; want ‘n Blackberry leer jou bid😁 En laat my net vir ‘n week gaan Sjef speel in Gordon Ramsey se kombuis – ek belowe jou; na daai 7dae sal hy glad nie meer ‘n woord Fuckenese praat nie; die man sal so goed soos ‘n saint wees. Want hy sal op sy knieë wees, smekend vir genade – en belowe om nooitooit, nimmerimmer weer te vloek as hulle my net uit sy kombuis uit sal verwyder nie…Ja goed, ek kan nie kook om my lewe of die buurman se hond s’n te red nie; maar ekke weet hoe werk koekkleursel. Veral groenes😇

Kyk mooi na jouself, Bokkie my babie, en moet niks doen wat jy nie op ‘n fiets kan doen nie.
©Liza Daniells




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak