
hakel en stekel
my duin blink van oggend-son
elke fynbostakkie silwerskoon
geurige blommetjies vertoon
seevarke duik weg in peloton
deining sweef rustig op en af
golwe rol ruisend uit op strand
oor suide-duin lê wolke-rand
op nat soom speel meeue laf
raaf roep skor sy ruwe groet
laat weet almal hy is ook hier
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.