Jongste aktiwiteit:

Halfvol in Italië

Juanri

Brons-Prosa

Half vol in Italië

Ma sê altyd, “Jy kyk n glas of half leeg of half vol”. Haar woorde het krag gedra en die waarde van dit het ek nooit besef nie. Ma se glas het altyd vol geloop, sy fokus bewustlik op die goue randjie om elke donker wolk. Vir háár was die glas nooit half leeg nie. My vurige wens was dat daardie besonderse karaktertrek ook my menswees sal versier.

So bevind ek myself onlangs in Italië op ‘n snikhete somersdag. Tussen die Italiaanse Alpe en die waters van die Como meer moes ek die water in die glas afmeet. Is die glas half vol, of half leeg?

Die sweet het in strome by my ruggraat afgeloop. Die sonstrale het soos skerp pyle my kaal skouerknoppe deurboor terwyl ek tussen wuiwende toeriste deurvleg na die oorvol toerbus.

Die mense het geklá! Oor die hittegolf, oor die baie toeriste, oor die stampende bus en die drukkende lywe, oor die vyftien uur busrit wat voorlê en die min beenspasie, en ek het gewonder…hoe sien ek die glas?

Die stem van Elvis Blue herinner my hoe mooi die lewe kan wees, dat dit bloot is hoe jy kyk – of jy die glas half leeg of half vol sien. Net daar, in die oorvol bus in die strate van Italië kies ek toe – om die glas half vol te sien.

Ons ry op slakkepas tussen die Italiaanse Alpe teen die bergpas op. Die spitse staan op aandag langs ons kronkelpad. Die blink water van die Como meer lag toe ons slingerend die berg af snel.

My hart klop Italië.

Ek het gekom om een met Italië te word. Ek het gekom om vreemde lug in te asem, om te sien wat andere net oor kan lugkastele bou!

Ek leef my droom!

In hierdie sprokieswêreld, binne die hittegolf en die sweet en die moegheid… is my glas nie net half vol nie, my beker loop oor!

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed