Handgemeen
onstoke skree
en skiet ons skote
digitaal beveilig vir
ons spekskiet vertonings
omring deur glas panele
kraak die media granaat
die kante is styf gepak
elkeen het ń punt
breek oop die rooi
en versigtig pak die pitte uit
ideologieë blits vining laai
breine vol patrone
maar druk, breek granate
laat die glas in skrewe spat
en skiet deur duk nerwe
kind se donsbaard
en Donald hare opgekam
waai onseker in die konflikwind
is dit die missie van ń hoër gesag
of ń moord toneel
in ń spekskiet klug?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.