Jongste aktiwiteit:

Hartseer liefde

hartseer liefde

oor die algemeen huil kinders
en is daar baie redes daarvoor
as betowering van lewensvlinders
onverwags bekoring verloor

as harde houe op hul reën
deur die wat hul moet liefhê
waarheen verdwyn Sy seën
waar is die plek waar liefde lê

mishandeling misplaaste omgee
“as dit seermaak weet ek het jou lief”
hoe kan ouers dan so optree
verwronge vertroue hulle liefdesbrief

O Heer, verander die ondenkbare pyn en seer
dat onskuldiges van U groot liefde leer …

©Marlene Erasmus
23/03/2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak