
Heilige rot
Ek wil vandag iets snaaks skryf, so wees gewaarsku! Woorde wat jou uit jou maag gaan laat lag, so
bȇre vir eers al jou probleme en lees hier. Dis nie altyd maklik om grappies te vertel, sommige mense
sien geen humor in niks nie, ander hou hulle weer so preuts is te bang om te lag. Met lockdown het
so baie vroue snorre begin kry, niemand was lus om te skeer, van die manne het hulle doodgeskrik
vir hierdie gewaarwording.
Nou die dag was daar kuiermense by my, ons het nog so lekker gesels
hol daar mos ‘n rot in die sitkamer in. Daar staan in die middel op die mat ‘n vierkantige koffie tafel,
wat eintlik net spasie het vir een persoon om op te staan. Dis soos blits toe spring drie vrouens op die
tafel, hulle klou vir lewe en dood aanmekaar om nie af te val nie. Die andereen gooi hom met een
van die kussings, intussen het die rot besluit om om op die bank te spring.
“Help!” Skree Tannie Alida.
Ek kon nie help om te lag nie, sy het amper die bank onderstebo gekeer. Die rot is omtrent astrant,
wys sy tande vir haar, toe skree sy eers hard. Daar is chaos in die sitkamer, alles is deurmekaar en
oral lȇ stukke koek gesaai oor die vloer. Elke byt kan besmet wees, rotte se speeksel is gevaarlik.
Hondsdolheid is ook ‘n groot risiko by rotte.
Die tannie begin te bid, ‘n kragtige gebed. Skielik is dit of die rot ook luister, hy draai sy koppie so skeef
en kyk met klein ogies na haar. Sy bestraf hom, en die volgende oomblik hardloop die rot uit die
huis uit.
“Hallejula! Sing hulle almal saam, Prys die Here.”
Ek dink tot vandag toe nog dat daai rot nou ‘n Heilige een is.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek