geveerde woorde Silwer
ek stuur vir jou n briefie
op ‘n stukkie engelvlerk geskryf,
voor my agterdeur vanmore
die veer van ‘n spierwit duif,
ek weet dit was ‘n engel
want in die spierwit dou –
die woorde, ek is lief vir jou
ek stuur vir jou ‘n briefie
op daardie spierwit veer
en hoop dat dit sal help
vir my hart se bitter seer,
want eendag lank gelede
kon ek jou hand vashou
kon ek saggies fluister – ek is lief vir jou
ek stuur vir jou ‘n briefie
op ‘n stukkie engelvlerk geskryf
in die hoop dat die woorde
my hart se seer verdryf,
ek gooi die veertjie in die wind –
ek weet, die briefie sal jou vind
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek