Hoop vir vandag
As die son sy voelers uitsteek
en die nag se koue met ‘n warm hand wegsteek,
vul ‘n warmte my gemoed,
my Skepper het my nog ‘n dag behoed.
As ek my oë oopmaak
en goue strale my sig aanraak,
vorm daar ‘n skitter blink traan
met die wete, Hy weet van my bestaan.
As ek my vingers en tone roer
en my skoene my aanloer,
weet ek vandag kan ek die dag in hardloop,
want Hy gee vir my daardie hoop.
As die foon, langs my bed lui,
dan sit dit my in ‘n opgewonde bui,
want ek kan hoor wat Hy vir my wil sê
deur die mense wat Hy in my lewe belê.
As die klanke by my mond uitkom
staan ek verstom
dat ek kan spreek wat my hart begeer
maar nogtans sal Hy my oor en oor leer.
Hy het my perfek gemaak
en wat die wêreld van my dink, maak nie saak,
want as die son sy kop uitsteek
het ‘n nuwe dag vir mý aangebreek.
Geskryf deur C Diederiks © op 14 Mei 2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig, maar jy mag net 2 inskrywings per afdeling vir die projekte inskryf, die ander plasings koppel jy nie aan die projek nie