Jongste aktiwiteit:

Walglikste fees

Is dit verkeerd om honde en katte te slag? Dit klink of sommiges nie so dink nie, dit is hul kultuur soos ons sin is om ander diere te slag. Honde en katte is vir ons troeteldiere, so die idee om hulle te eet is eintlik ondenkbaar, onverstaanbare wrede gedagte. Diere word gesteel, en in ondraaglike omstandighede aangehou, selfs op markte verkoop. Soms word hulle net doodgeslaan,of lewendig in ‘n kokende pot gegooi, en die ergste is dat hulle honde se vel lewendig afruk.

Dit is brutaal wreed, en is diere mishandeling. Die lyding van diere as gevolg van die mens is skokkend. Om hulle te slag vir hulle pels of vleis is afskuwelik. Maar dan word weer gesȇ dat klein kalfies en lammetjies ook wreed is om te slag.

Elke nuwe seisoen word duisende katte en honde geslag, en vir maaltye bedien. China is veral bekend vir die vleishandel, miljoene katte en honde word in ‘n jaar geeȅt. Daar is ‘n fees elke jaar wat die sonstilstand gedenk, en die fees het onstellende tonele teenoor die diere. Terwyl hulle lewe word hulle opgehang en geslag. Soms wonder mens, of sommige ‘take away’s’ nie dalk kos maak met honde of katvleis nie, hoe sal mens weet?

Dalk kom alle huiskatte se voorouers van China af, baie jare terug het hulle daar geleef. In die Bybel word genoem dat dit onrein is om honde en katte te eet, in Suid-Afrika word dit verbied, maar China het nog die reg om dit te doen. Ek dink altyd aan die paniek waardeur daai arme diere moet gaan, hoe hulle ogies behoorlik smeek om nie geslag te word nie. Katte klim vreesbevange teen die hokke uit, in ‘n poging om te probeer vlug.

Verskeie slaghuise verkoop katte en honde vleis in China, wȇreldwyd is daar pogings om die slagting te stop. Die slagpale is haglik vuil, oral lȇ organe en bloedvlekke van diere. Hokke vol katjies, wat ondervoed en aan geestelike toestande soos aan mishandeling bloot gestel word.

Hierdie ontstellende realiteit laat mens sidder tot in jou siel, onskuldige diere wat aan hul eie lot oorgelaat is. Genadelose mense wat emosieloos hul verlusting om diere so uit te moor en te eet, is dit ‘menslik’? Dit is onstellend om die beeld materiaal te sien, om ‘n einde aan hierdie grusame bedryf te maak moet ons die veiligheid van die arme diere ondersteun en die bedryf stop.

Hulle wil ook lewe!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed