
Anton van Omkyk Boerdery
Dit was in die dae toe dit nog baie goed gegaan het in my besigheid en ook natuurlik toe ek nog met Namibiers besigheid gedoen het, dat Anton my bel. Anton van Omkyk Boerdery…..
Vandag wanneer ek ‘n +264 nommer op my selfoon sien antwoord ek hom nie, want ek is al te veel gevang met opertuniste vanuit Namibie. Anton bel my en val sommer met die deur in die huis. Man, ek sien jy adverteer in die Landbouweekblad en ek kan ook sien jy ken jou storie wat sonkrag aan betref, smeer hy my heuning om die mond…. Ek wil darem ook ‘n paar Rand maak, vra toe ja meneer hoe kan ek help? Man, dit is Anton hier, Anton van Omkyk Boerdery hier in die Suide van Namibie……. plaas dat ek die Nokia foontjie dooddruk, maar nee ek het twee kinders wat studeer, een wat my geld verkwis op Stellenbosch en die oudste wat vir onderwyseres leer in die Paarl.
Man, gaan Anton aan, ek stel eintlik net belang aan Grundfos sonkragpompe, so tien of twaalf van hulle (my ore spring op soos antennas) en dan ook ‘n groot omsetter en groot battery laaier, nie sonpanele nie, die het ek en ook nie batterye nie die kan ek kry. Ek vra nie waar hy die sonpanele gekry het nie, want hy het seker daardie swak sonkragpompe gehad wat nie drie jaar hou nie, nou wil die man natuurlik ‘n ordentlike sonkragpomp he. Ons praat pryse en ek se hom indien hy ‘n 8,0 kWatt omsetter wil he moet ek dit spesiaal laat vervaardig. Ek maak my somme, skakel met ‘n maatskapppy wat vir my die omsetter kan vervaardig en bel vir Anton terug met die pryse. Nuuskierig vra ek, maar Anton het julle nie internet daar op die plaas nie, nee man, net ‘n telefoon, plaaslyn en ons sit hier tussen niks en nerens in ‘n klein huisie net ek en my liewe vrou.
Nou goed ons praat weer pryse en ek se hom dit is die prys en BTW (daardie tyd nog 14%) natuurlik bykom dan is die prys soveel. Nee, se hy miskien moet hy maar net tien van die duur Grundfos pompe neem, en wat is hulle waarborg. Nee, se ek twee jaar, vandalisme, weerligskade en diefstal uitgesluit, dit is nou wanneer ek hom self installeer, maar hy moet my ook se watter sonpanele hy gaan opsit en hoeveel, sodat ek darem kan sien die pomp gaan nie swaar kry nie of hy gaan nie die motor verkrag met te veel panele nie. So praat ons, ek gee raad en gee vir sy liewe vroutjie die bankbesonderhede. Jong, se hy, ons gaan eers oor twee weke dorp toe en die dorp le ver, maar bestel asseblief solank die pompe en laat hulle solank die groot omsetter en laaier begin vervaardig en wanneer hulle reg is, laai vir my op Etosha Transport.
Alles uitgesorteer, dink ek ek kan darem hier ‘n paar bokke maak. So gaan twee weke verby, die pompe is al deur my betaal, le in my stoor en die omsetter is amper klaar en die laaier moet nog gebou word. Sekretaresse se, bel vir Anton, daar wys nog niks op ons bankrekening nie, en die bedrag is groot (ons praat van twaalf jaar gelede) meer as Honderd en sestig duisend Rand. Nee, se die liewe vroutjie met die feetjiestemmetjie, Anton is in die veld, maar die vorige week toe hulle op die dorp aankom, was die bank al toe en hulle het nie internet bankdienste nie, want hierdie is mos maar ‘n plaaslyn, ek belowe ons gaan volgende week weer probeer. Volgende week kom en volgende week gaan, niks tyding nie…….
Omsetter en laaier mense laat weet omsetter en laaier is klaar, maar voor julle kom optel moet dit betaal word. Ek steek maar weet hand in die sak en betaal, maar bel weer vir Anton. Nee, se liewe vrou met die feetjiestemmetjie, ons gaan weer Vrydag dorp toe en sy sal self sorg dat die geld in my rekening kom, die bankbesonderhede is in haar dagboek.
Tot my groot verbasing is daar ‘n week later ‘n bedrag in betaal, nie heeltemal die totale bedrag nie, maar darem naby. Ek is verlig, nou kan ons na oplaai se kant toe gaan. Daar bel Liewe vroutjie, met die feetjie stemmetjie, het julle jul geld gekry, koer sy. Ja, baie dankie se ek. Sjoe, se sy Anton se senuwees is klaar, hy het die afgelope weke nie geslaap nie, myne was ook moertoe, maar darem nou bietjie beter, maar ek se maar niks. Nee, se ek vir Feetjiestemmetjie, moenie bekommerd wees nie, ek gaan Vrydag Kaap toe dan laai ek alles op Etosha Transport, maar wanneer betaal julle die balans? Nee, koer Feetjiestemmetjie weer, sodra ons die goedere op die dorp gaan haal. Ek dink toe, goed dit klink reg hulle skuld my seker nog so R24 000-00 en enige sente so ek kan maar daarvoor wag.
Ry met die vrag op die ou wit Landcruiser, want die omsetter is vrek swaar en die laaier is nie ligter nie, gaan daar in die Diep Kaap in om by Etosha Transport se depot uit te kom. Nee, se hulle hulle laai nie voor die vervoerkoste nie ten volle betaal is nie en ek is die ou wat laai, so ek moet betaal. alles word geweeg, en gemeet en daar is die koste en ek betaal, hulle vat darem ‘n kredietkaart. Stap daar uit en bel vir Anton met die gedagte om darem te laat weet dat sy pompe, laaier en duur omsetter gelaai is en dit op Etosha Transport. Feetjiestemmetjie antwoord, nee Anton is maar weer in die veld, jy weet hy kom eers saans na donker hier by die huis aan. Gee die waybill nommer en al die besonderhede en ook koste van vervoer, dit is nog ‘n paar duisend Rand by die ander R24 000-00. Geen probleem se Feetjiestemmetjie, Anton sal dit sommer ookk betaal wanneer hy volgende week weer dorp toe gaan en sommer alles op te tel.
Goed, almal is tevrede ek gaan aan met ander werk, twee weke later hoor ek nog steeds niks van hulle nie en die bank rekening het ook nog geen taal of tyding nie. Bel, weer en weet Feetjiestemmetjie gaan antwoord en dit is toe ook so. O, ja baie dankie Anton het alles gekry, maar hy was weer te laat vir die bank. Die man het nie ‘n oog toegemaak nie, voor hy nie alles op die bakkie kon laai nie. Ek maak ook nie ‘n oog toe nie, want die transaksie raak nou ‘n verlies, en Sussie kook op Stellenbosch, pa se sak raak leeg…….
Tyd gaan verby en ek praat “toevallig” met Koos op George. Daardie jare was daar net ‘n paar besighede wat sonkrag gedoen het, so almal ken mekaar, nie soos nou se dae wat elke tweede hoer sonkrag doen nie. Ek noem vir Koos van die transaksie met Anton van Omkyk Boerdery, O, vrek se Koos, dit is nag! Ek skrik my melk weg, en my ouma s’n. Wat bedoel jy nou Koos? Nee, se Koos hulle het omsetters verkoop aan ‘n vrou wat in Windhoek in Namibie sonkrag doen en sy het verskriklik siek geraak en is nou daar by die bestralings kliniek in George, borskanker, terminaal…. Ag nee, simpatiseer ek, dit is sleg. Ja, se Koos en sy het nie ‘n mediese fonds of hospitaalplan nie, so sy moes geld kry. Koos se vrou ken die dame en sy het toe vertel dat daar ‘n ridder op ‘n wit perd aangekom het en vir haar gese het, hy beplan ‘n groot projek in die suide van Namibie en hy kort sonpanele en hy verstaan sy wil haar so panele verkoop, want sy kort geld vir die bestraling daar by die kliniek in George. Ja, se sy die ou lyk toe baie aangenaam, en hy is ‘n mede Namibier en hy koop AL haar panele en ry met ‘n vragmotor vol sonpanele op hulle pallette soos hulle van oor die water gekom het daar weg. Hy betaal ‘n deposito, maar daar is die week net soveel in die bank, die res sal hy volgende week betaal, EN sy naam is Anton, Anton van Omkyk Boerdery! Volgende week het toe gekom en gegaan, maar niks betaling het gekom nie.
Ag nee, se ek en ek maak amper my broek vuil. Ek maak my gesprek met Koos kort en bel weer Anton se nommer, maar Feetjiestemmetjie antwoord nie, hy lui net tot hy weer doodgaan, probeer weer, en weer en ek kry hond se gedagte. Gaan kyk na die bedrag wat hy betaal het versus dit wat hy my skuld en dan moet die vervoerkoste wat ek so gaaf was om te betaal ook bygetel word. Daar is hy dit was presies die BTW komponent wat nie betaal is nie, plus die paar duisend Rand vervoerkoste. Ek is suur, bedonnerd, meer as bedonnerd en sommer stok spuls soos my oorlede neef in die Karoo sou se.
Tyd gaan verby en ek koel bietjie af, maar die oorspronklike bedrag is in die besigheidsrekening betaal so ek moet die BTW betaal, kan nie wegkom nie. Nog’ ‘n gatslag. Toe bel Gunther my, ook van Namibie af, maar Gunther is ‘n goeie klient, soek twee sonkragpompe met panele en alles wat nog benodig word. Ons praat syfers en ek vra hom, Gunther ken jy ‘n Anton van Omkyk Boerdery. Ooo, f#& se Gunther, ek hoop nie jy het ook met hom besigheid gedoen nie. Ja, bieg ek ek het en hy skuld my nou al maande meer as R29 000-00. Nee, Boet se Gunther, vergeet daarvan jy gaan jou geld nie sien nie. Nie jy nie, ook nie die Tannie met die kanker wat in George behandel word nie.
Kom laat ek jou vertel waar Anton van Omkyk Boerdery vandaan kom, se Gunther. Anton en Feetjiestemmetjie het hulle self in London Engeland gevestig en daar het Anton saam met twee ander vennote ‘n baie goeie versekering besigheid gevestig. Hulle het gekook, baie geld gemaak, kort termyn en lang termyn versekering gesmous dat dit goed gaan. Hulle het polo gespeel, die beste en duurste motors gery en in die duurste buurte gebly. Toe kry die een vennoot ‘n wurm in sy kop en koop ‘n seiljag en hulle seil. Naweke die kant toe en dan daardie kant toe en dit gaan lekker. Toe besluit die vennoot, maar hy is nou so gesout met die geseilery, hulle moet sommer met ‘n bootvaart om die wereld gaan. Bakgat, almal stem in, want die besigheid loop, en daar is darem al satteliet fone indien hulle van die kantoor af bereik moet word. Daar word voorbereidings getref, ek alles word gekoop wat nodig is vir hierdie Around the World in 80 days bootvaart. Maar, net toe alles gereel is, trek Anton kop uit. Hy se nee, manne daar moet een van die vennote agter bly netnou gebeur daar iets met die bootvaart dan is die besigheid vir almal verlore, EN hy wat Anton het se seebene is nie so goed nie, so hy bied aan om te bly.
Dit neem die ander twee vennote nie lank om ‘n plaasvervanger vir Anton te kry nie en daar seil hulle. Alles verloop goed totdat hulle aan die Suidpunt van Amerika wou omvaar. Daar vergaan die skippie en nie een van Anton se twee vennote oorleef die bootvaart nie en ook nie die derde persoon wat aangebied het om saam te gaan nie.
Soos dit maar werk neem vennote lewensversekering teen mekaar se lewens uit, maar die manne wat saam met die skippie vegaan het, was baie agterlosig, want hulle bank skuld is toe baie meer as hulle lewensversekering.
Ons vriend Anton van Omkyk Boerdery het egter die vennote se lewens verseker vir baie miljoene Ponde! Die mammies van die kindertjies wie se pappies vergaan het kom klop by Anton aan vir finansiele hulp en raad, want die bank kom haal vir Porches en wil huise ook kom neem. Anton keer en verduidelik, maar dinge word warm vir hom.
Een goeie Maandag kom die werknemers van die gevestigde versekerings maatskappy in London by die werk aan en ‘n kennisgewing wag vir hulle teen die deur. Die besigheid is toe, daar word deur die vensters geloer en dit is net ‘n paar stoele en lessenaars wat nog daar staan. Alles soos in alles en Anton en Feetjiestemmetjie is weg.
So gaan kruip Anton toe weg op die plaas in die Suide van Namibie en hy en sy liewe vroutjie bly in ‘n plat dak huisie en sluip dorp toe en terug vir vyf jaar tot dinge heeltemal afgekoel het.
Is dit die storie van Anton van Omkyk Boerdery, vra ek vir Gunther. Ja, se hy, maar Anton sal weer opduik, moet jy nie bekommerd wees nie.
So gaan die tyd weer verby ek het al amper van Anton vergeet. Een goeie oggend net voor Kersfees bel iemand my. Vra my of ek werk en of die besigheid toe is? Ja, se ek ons is toe vir twee weke, maar hoe kan ek help? Nee, se die man, ons is nou hier in by Struisbaai met vakansie, maar ek het ‘n pomp in my kar wat aandag nodig het, sal ek bereid wees om daarna te kyk. Ja se ek, geen probleem, laat my net weet wanneer jy in die dorp is dan ry ek van my huis af werkswinkel toe en ek gee hom die werkswinkel se adres. Hy bel my seker twee uur later en ek ry vinnig af, maak die by die heining oop en gaan staan voor my deur.
Nie lank nie kom daar ‘n spik splinternuwe Toyota Land Cruiser bussie met ‘n Namibie se registrasie nommer stadig en grasieus by die hek ingery. Hy stop en klim uit, stap agter om die Cruiser en maak die kattebak oop, Daar le Grundfos sonkragpomp en kyk vir my knder ‘n redelike duur kombers uit. Ek stel myself voor en hy se aangenaam, my naam is Anton, Anton van Omkyk Boerdery en jy het die pomp aan my verkoop en hy is nog onder sy waarborg, maar die motor wil nie werk nie. Die man is nie klein nie, maar ek vat hom aan die arm en se hom Anton kom kyk hier en sleep hom om my werkswinkel na die voorkant en wys hom die kennisgewing Reg van Toegang voorbehou, draai hom om en wys hom die ander kennisgewing teen die ander muur Right of Admission Reserved. En ek se, my prokureur het my gese ek moet nie weer iemand vloek of skel of uit my werkswinkel jaag nie ek moet hom hierdie kennisgewing wys.
Jy skuld my nog R29 000-00 wat jy nooit gaan betaal nie, maar jy wil die pomp onder waarborg deur my laat werk, ek se vir jou klim nou in jou Nuwe Land Cruiser en f#@&&# hier weg voor ek my kop verloor en jou moer!
Hy het vinnig die kattebak toegemaak en gery en ek het nooit weer van hom gehoor nie…. ek dink hy het die boodskap gekry.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek