Jongste aktiwiteit:

herfs (silwer)

Herfs

Herfs knak ruggraatloos
buig laag laag
voor Winter wat ystande wys
en bloei in oranjerooi en geel
wat strome maak teen Herfs se keel
en
a
f
d
r
u
p
oor kranse van laatmiddagson
en windstil aande
terwyl doodsangs kleef
teen tak en stam
tot die laaste asem
v
a
l

©Hester Steenkamp

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed