Jongste aktiwiteit:

Herfsbravade

Herfsbravade

Die getye is besig om hul wagstaanrondtes
om te ruil en herfs het pas arriveer en
skud hande met nasomer se welkomsgroet
wat sommer totsiens sê vir die vroegherfse
flambojante kleurvolle intog en
selfvesekerde pronkery met sy najaarsblare
wat val tot volherfse blaremat…
Die flou somerson is moeg en het rus nodig
en gaan in semi-hibernasie om steeds
wag te hou oor slapende diere en laat
gooi blare af soos die slang vervel so ook
die plate wingerde wat getooi staan in laaste
bravade van feestelike roesbruin en rooi
voordat herfs oorgaan in sy winter klimaks
van ‘n ysige kaalgestroopte naakte koue en
herstellende slaap, om in die lente jeugdig vol
lewenskrag te ontwaak met vernuwende
kleurvolle bot en blom die nuwe
rondtes het begin!

Janetta – Helena [Babs]©
(‘n Google skildery)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed