In die glim van die môreson
Vroeg vroeg is ek wakker
en wurg met die gedagte
dat ek nog ń dag
sonder jou moet wees
Ek stoei met my hart
wat net vir jou liefhet
wat elke dag
hoopvol wag
vir die kans
dat ons eendag
bymekaar sal wees
Oortuigende woorde
het my vas laat glo
dat jou liefde vir my
bo alles troon…
In die glim van die môreson
veg ek deur dowwe strale
van valse hoop
teen die wete
dat ons nooit sal wees.
Trane weergalm
ʼn traaglied van verlange,
my hartsnare speel n bittere lied.
Hartseer hou my hier gevange
‘wyl ek my liefde in waters
van onsekerheid giet.
Dank en erkenning @ Saartjie Bekker
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Baie mooi