Jongste aktiwiteit:

Tot ek jou weer sien..

Ek het my hart by jou gelos,
sodat jy hom kan vashou en koester.
Want soos ‘n dief in die nag,
het jy hom kom steel,
en al breek daar donker wolke voor my,
sal ek dit nooit met enige iemand ander wil deel.
Elke keer as ons soen,
wanneer ons lippe mekaar passievol ontmoet,
dan gaan my hart bos,
en net meer woeser en woeser.

Maar staan wag vir my hart,
pas hom baie mooi op,
tot ek jou weer sien,
hou hom mooi dop,
en moet hom nie uit jou hande laat val,
want my hartjie is baie kwesbaar.

Hou vas tot môre my lief,
want dan sien ek jou dalk weer.
Jy is my hart se dief,
want wanneer ek en jy soen,
kan ek hier binne my voel,
wat dit aan my doen,
en daar is niks wat
ons liefde vir mekaar kan keer..

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle regte Voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Lollie het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak