Jongste aktiwiteit:

In die hart van die woestyn oppad na Aus

In die hart van die woestyn,
die Namib-woestyn, deur genade
nog op die lang swart pad na Lüderitz,
is daar skielik fout, die kar begin swaai
en alles is vrék swaar gelaai!
Hel, die band is pap, wat op aarde!
Aus is nog ver, daar’s g’n niemand in sig…
Ruk-ruk trek ons terug,
nog met die trailer ook.
Almal klim uit, ontstig,
verkyk ons aan die oopte,
aan sand, aan die wydte,
dink aan die afstand na Aus…

Na ‘ n gesukkel is die domkrag uit,
die wiel gejack, maar die band se skroef
na ‘n uur nog steeds vir ewig vas.
In die ‘boot’ kry my man ‘n pypkontrepsie
en met die hulp van my vriendin se DIY
word lug van band na band gelaai.
Ons moet nog weer by Aus die tent opslaan…
En my man is lankal opgewerk en kwaai!

Stil bly ek eenkant, anders neem ek mos weer oor,
trap gly-gly tussen klippe, kyk of iets tussen niks kan bloei.
Yster wat geroes is, selfs stukkies plastiek en toe,
net voor my voet, n Coke-botteltjie, nog van glas,
ongeskonde en gesandblast aan die binnekant –
perfekte lagie woestyn deur wind en weer geboor.

Padlangs kom daar nou na ure nog geen steun vandaan.
As ek na kliprantjies en duine my oë vir hulp opslaan
dnk ek net aan donker en die lange pad na Aus…

Naderhand is lug in die bande ewe styf of pap verdeel.
Aus sal ons haal as iets nie verderaan gaan skeel…

As ek nou my bottel sien, dan’s dit vir my ‘n sein:
U Naam is oor die aarde, bekend in elke land –
soos die Coke-brand orals, tot in ‘n dor woestyn.

Charleine Collins © 16 Oktober 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed