te melek
sagte wind skarrel om die hoeke
blare en tolbosse waai en draai
meeue kraai van pure lekkerkry
op my duin sit ek in son en braai
tussen withuisies heers daar stilte
netjiese geplaveide strate skitter
waar son om hoeke koeltes gooi
oumensies middagslapie geniet
oor alles hang daar stille vrede
wat self golwe se breek nie pla
soos te melek daaroor swewe
is vrede en vreugde ongestoor
my gees sweef saam en beleef
die wonderlike eenvoud daarvan
©Teárlach
(turks vir “die engel”)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.