Jongste aktiwiteit:

Kolmanskop in die woestyngebied

Kort duskant Lüderitz
omgiet in sand op sand
lê sy geraamte geesloos.

Maar tog, soms as die wind waai,
as ‘n luggie suis,
net so fladderend, vlugtig,
sal mens wonder wie nou woon in ‘n
Kolmanskop se huis op en
onder duine, deur droë kosyne
praat toeriste, fotograwe, maar fladder-fluister
iewers skadu’s in die vlug wat
net-net ‘n gordyn laat lig.

Die hobbelperd wieg nog vanself soos
in The Mantis project as jy stip
en asof deur ‘n waas bly kyk.

Woestyn is oral, in die skool, slaghuis, bakery,
ook die hospitaal – hoe anders as dat híér spoke lag.
En in die ou teater speel en sing die gids
soos ‘n Phantom van weleer,
toe en vasgevang in tyd soos die doodskis van Pompeii
yl Duitse delwers in die Sperrgebiet
na diamante tussen poeiersand en klip en saans
gaan hul in die casino geld verloor en swewend dans.

Eens was daar soveel lewe in die dorp, maar
baie het gebeur wat dit verander het –
inderdaad het alles nou net skyn geword.
Ek wonder nou is Kolmanskop in die woestyn of is
die dor woestyn net meer in Kolmanskop.

Charleine Collins © 16 Oktober 2018
(Akrostiese gedig)




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed