
inkvinger
my duin is soos enige ander duin
die deugde daarvan versteek in emosie
selfs droë fynbos is deel van my duin
aan voete van weskus alpe reeks
dig teen die diep-blou see
daagliks op my duin is my gees aant sweef
beur my siel op soos alkohol in blou are
soos wyn vervang dit die hewige pyn
soms is daar ‘n landing so hard
slegs ‘n sweeftog dit versag
duister is die nag oor my duin
wat vertoon soos dorpe onder puin
klankgrepe van diep verlede
druis soos tromme in ore
kloppende vrees verlore
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.