Jou liefde vir my
wys in jou oggend koppie koffie
ruik ek in gegeurde badwater
proe ek in omgee ontbyt
hoor ek in sagte woorde
in die omhelsing
vas teen jou bors
die gimlag
in jou
oë
© Anita van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek