Die Kaap is’ie djou gahzie (Die Kaap is nie jou Broer (nie) Silwer
ôs voetspore los ôs
in’ie sand by’rie Kaap
wyl heller kleure
afskud in’ie Adderleystraat
vier ôs’ie Alibama
kleurvol soes garaam masala
in’ie kerrie koolkos
van’ie kêffie op’ie hoek
die Boe-Kaap
is’ie mee ‘n mooi Kaap
buttons het’ie kop vedalah
djy moet mooi trap wa djy loep
ôs’e voetspore los ôs
in’ie taai bloed van’ie teer
wanne’rie skollie
sy siewe in’ie agte’straat ve’dien
ga koep ôs bokkoms en bryani
by Biesmiellah in die Boe-Kaap
ôs drink cheap wyn
wyl os land afbrand
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek