Jongste aktiwiteit:

selfie

–
in die wolke sien ek myself
sweef soos ‘n meeu alleen
myself aan die wind verleen
–
in die duine se blommeprag
weerkaats my stem so skor
soos witbors kraai se gemor
–
in elke brander se gedreun
verbloem my siel alle pyn
verdoof elke kruk met wyn
–
in my denke en gedagtes
blaai die blaaier so vinnig
‘n kykweer-aksie onsinnig
–
in elke dag, minuut en uur
verspeel my lewe tyd uit
wat verby is en kom sluit
–
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed