
Julie 2022 – Wat skryf ek projek
Beste INKers
In die Julie projek gaan elke afdeling sy eie unieke opdrag hê, lees daarom mooi om die verkose opdrag na te kom.
Gaan lees asseblief die skrywe onder die titel “Wat skryf ek?” wat deur die Ink Moderator in Junie maand geplaas is.
DIGTERS:
1. Skryf ‘n Persiese kwatryn.
2. Geen spesifieke tema nie.
MENINGSTUK (VOORHEEN GORREL)
1. Gee jou mening oor die kontroversie wat tans afspeel rondom die naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument.
2. Meld jou woordtelling.
RUBRIEKE
1. Verdedig die standpunt: “Afrikaans is ‘n lewendige, vernuwende taal.”
2. Nie meer as 600 woorde nie.
3. Meld jou woordtelling.
ARTIKELS
1. Skryf ‘n artikel oor die invloed van organisasies en die rol wat hulle speel as kampvegters vir moedertaal onderrig.
2. Nie meer as 600 woorde nie.
3. Meld jou bronne van navorsing.
4. Meld jou woordtelling.
VERHALE
1. Skryf ‘n komiese verhaal oor ‘n gebeurtenis in ‘n klaskamer.
2. Nie meer as 1000 woorde nie.
3. Meld jou woordtelling.
Skryf lekker.
Prjoekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Charlene Jordaan Kotzé
Hi Anzé, Ek is glad nie seker of ek reg verstaan nie: Is die instruksies wat ons vir Julie moet volg, wat onder die kommentaar van Junie 2022 val, die volgende: "Beste INKers Hierdie maand gaan ek een sin as katalisator gebruik vir al die afdelings. Elke skrywer, hetsy digter of ander, MOET hierdie sin in hul aanbieding insluit. Daar is geen ander reël of voorskrifte nie. Die sin is soos volg: “In die ryptrap van ‘n winterlandskap…” Ek sien uit daarna om julle werk te lees. Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans. Skryfgroete Projekbestuurder" Anders weet ek glad nie waar om te gaan soek hiervoor nie. Ek wil baie graag aan die Julie projek deelneem. Help asb. Groete, Charlene Jordaan Kotzé (0823170080)