Jongste aktiwiteit:

Junie 2021 – Interteksualtiteit projek – Uitslae en kommentaar

WENNERS:

Baie geluk aan hierdie 9 lede!

GEDIGTE
GOUD
No 10 – Andries Fourie met My taal
No 8 – Caren Kearley met Interteksuele uitdaging
No 2 – Anzè Bezuidenhout met My volk my taal

SILWER
No 5 – Driekie Grobler met Taalstryd
No 12 – Annemarie van der Merwe met Petisiepeloton
No 11 – Elmarie Nienaber van Kampen met aweregse sanger

BRONS GEEN INSKRYWINGS

GORREL
No 4 – Ano met Ledigheid is die Duiwel se oorkussing
No 3 – Driekie Grobler met My erfenis
No 2 – Carmen Edwards (Iron Lady) met Is iets beter as niks?

RUBRIEKE
No 3 – Driekie Grobler met Kattekwaad
No 4 – Ano met Ou hond, nuwe truuks
No 2 – Driekie Grobler met Wees ‘n oop boek

ARTIKELS GEEN INSKRYWIGS

VERHALE
No 1 – Riaan Palmer met Die ontelbare name van God
No 2 – Riaan Palmer met die Bengaalse Ming
Geen

KOMMENTAAR:
GEDIGTE

BRONS: GEEN INSKRYWINGS

SILWER:
1: ‘n Tyd van luister
Ek merk in hierdie vers dat jy afgewyk het van die voorgeskrewe bronteks. Daar was ‘n navraag hieroor en neem ek aan jy het wel ‘n inskrywing gelewer in die raamwerk van die opdrag. Ek beoordeel dus hierdie vers met graagte.
Die woordkeuse en -orde in jou eerste sin is verwarrend. Moet dit lees:
“Sommer maar net ek wat wou stil wees…”?
Die inhoud is treffend en die samestelling uit twee verse is briljant. In die tweede laaste sin gebruik jy “keur” wat beteken om “uit te soek” of om te “selekteer”. Het jy eintlik bedoel “terugkeer”?
Jou vers is geslaagd en besonder.

4. Uit die poesakas
Ek het so lanklaas “poesaka” in enige werk raakgelees – wat ‘n fees!
Joune dui op die meervoud wat eintlik slim is want nie almal se legaat is dieselfde nie, al is dit ‘n moontlike verwysing na moedertaal.
Jou gedig is ongelooflike slim gekonstruktureer. Vanuit moederskoot, deur die groot word jare, ‘n slim verwysing na die aanleer van kragwoorde en waar die jongman opeindig in ‘n “oorlog” en aangewese is op stories en herinneringe.
In jou laaste strofe sal “poesaka” is sy enkelvoud gebruik word nl.:
“want dis uit die poesaka
bekorings wat ons verbaal.”
Die gebruik van “verbaal” as ‘n werkwoord is mooi en slim.
Jy het baie goed met my bronteks omgegaan. Welgedaan.

5. Taalstryd
Jy het die bronteks sonder twyfel in sy geheel verstaan. Jou omgang daarmee is op par en jou aanbieding is suiwer. Jou vers belig die skoonheid in die waarde van intertekstualiteit. Ek sou “denk” eerder “denke” maak maar dit is persoonlike voorkeur. Onoortroffe bydrae tot hierdie projek. Welgedaan.

6. Vrede oor vrees
Die opdrag was dat jy die aangehegde vers gebruik. Daar was egter ‘n navraag oor sou ‘n lid twee gedigte inskryf dat die tweede wel na ‘n ander bronteks kan verwys. Ek het ingestem. Ek beoordeel jul werk anoniem, en gaan dus aanvaar hierdie is jou tweede vers. Jy alleenlik sal weet maar omdat ek nie name sien nie en slegs nommers maak ek staat op jul integriteit.
Ek dink dit is ‘n geslaagde vers wat mooi in gesprek tree met die bronteks. Welgedaan.

7. Net ‘n gedagte
Die opdrag was dat jy die aangehegde vers gebruik. Daar was egter ‘n navraag oor sou ‘n lid twee gedigte inskryf dat die tweede wel na ‘n ander bronteks kan verwys. Ek het ingestem. Ek beoordeel jul werk anoniem, en gaan dus aanvaar hierdie is jou tweede vers. Jy alleenlik sal weet maar omdat ek nie name sien nie en slegs nommers maak ek staat op jul integriteit.
Jy het ‘n pragtige intertekstuele vers geskryf. Twee voorstelle:
1. Laat die komma weg ná “onder”
2. Die herhaling van “voel” in die tweede strofe klink nie mooi nie. Soek na ‘n alternatief vir een daarvan.
Mooi vers. Welgedaan.

11. Aweregse sanger
Jy het die bronteks goed aangewend om ‘n nuwe en besonderse vers te skryf. Jy het die taak goed uitgevoer. Baie goeie vers. Welgedaan.

12. Petisiepeloton
Die titel is veral opvallend. Jy het die bronteks ongelooflik mooi interpreteer en pragtig met die bronteks in gesprek getree. Jy het die bronteks mooi verstaan en daarom ‘n duidelike weergawe geskryf soos jy dit ervaar het. Besonderse weergawe, baie geluk. Welgedaan.

13. Afrikaans, vir jou.
Ek hou van die kragtoertjie wat jy aanbied. Jy het die bronteks mooi verstaan en jou intertekstualiteit is kort en kragtig. Mooi gedoen.

GOUD:
2. My volk, my taal
Jou vers het my aangegryp, nie net omdat dit mooi omgaan met die bronteks nie, maar ook omdat dit rou en eerlik is. Jy het die bronteks mooi verstaan en besonder goed daarmee omgegaan. Mooi so.

3. Tapeserie van die son
Ek hou in besonder van jou interpretasie van die bronteks. Jy het die inhoud goed verstaan en derhalwe ‘n verklarende vers aangebied. Dit is ‘n pragtige vers. Die “want” skep ‘n volta wat klem lê op die herhaling van die gedeelte uit die eerste strofe. Pragtig.

8. Intertekstuele uitdaging
Buiten die snaakse punktuasie (punt ná die eerste sin en komma aan die einde) vind ek jou vers aangrypend. Jy het ‘n ander-tipiese interpretasie wat vars en anders is. Jou woordkeuses is ongelooflik besonders en mooi. Wragies welgedaan.

9. Ongerief
Ek het nog nie die voorreg gehad om dié kortverhaal te lees wat jy as bronteks gebruik het nie.
Die opdrag was om die voorgestelde gedig te gebruik maar vergunning is gemaak vir ‘n tweede inskrywing. Ek neem dus aan hierdie is jou tweede. Ek hou van die gedig ten spyte daarvan dat van die beelde daarin vir my nie sin maak nie. Dit is natuurlik goed so want elkeen interpreteer anders. Ek gaan werk maak om hierdie verhaal onder oë te kry en dan weer jou vers weer te besoek. Mooi gedoen.

10. My taal
Jou sonnet met die bronteks as verwysing is ongelooflik aangrypend. Die beeldspraak en neologismes is onoortroffe. Woorde soos “woedstaan” en “stormvuiste” is ‘n heerlikheid. Jou vers is ‘n juweel. Welgedaan.

GORREL:
1. Die ergste
Die gesegde waarna jy verwys is eerder ‘n “positiewe” anders as ‘n negatiewe. Die gesegde is komplimentêr. Dit is egter jou prorogatief om dit te interpreteer soos jy goed dink. Vanuit jou verwysing verstaan ek jou gorrel. Dankie vir jou deelname.

2. Is iets beter as niks?
Die gebruik van die “hakie” op die (‘n) het ‘n funksie en dit kan nie bloot weggelaat word nie. Let daarop asseblief.
Ek hou van die geselstrant van jou aanbieding. Dankie vir jou deelname.

3. My erfenis
Die aanbieding lees heerlik. Dit is goed versorg en voldoen aan al die opdrag kriteria. Welgedaan.

4. Ledigheid is die duiwel se oorkussing
Lieflike aanbieding. As ek moet kritiek lewer sou ek aanraai dat jy na die lengte van sekere sinne kyk. Jou gorrel is keurig.

RUBRIEKE

1. Onskuldige grote
Onthou die hakie op [‘n].
Jy het goeie interteksondersoek gedoen en jou interprerasies en verstaanervaring is duidelik. Die aanduiding in jou “essay” moet netjieser wees. Byvoorbeeld:
“…………….”*(1)
“…………….”*(2) ens.
Indien jy lukraak `n syfer invoeg lees die werk onduidelik.
Jy het die opdrag verstaan en dit goed bemeester. Dankie vir jou deelname.

2. Wees ‘n oop boek
Jy het die opdrag mooi verstaan. Die aanbieding is keurig en uiteensetting is goed. Jou rubriek lees lekker. Dankie vir jou deelname.

3. Kattekwaad
Jou anedotiese vertelling het die opdrag heerlik ingesluit, en sonder dat die leser bepreek voel, is die les in die gesegde mooi duidelik oorgedra. Welgedaan.

4. Ou hond, nuwe truuks
Die aanhalings wat jy gebruik het om die gesegde te ondersoek is keurig. Ek sou wou sien dat jy ten minste een gedagte waaroor jou pa standvastig was te beskryf sodat die leser jou siening daaroor beter kon verstaan. Jou aanbiesing is egter keurig en dit lees gemaklik. Dankie vir jou deelname.

ARTIKELS
Geen inskrywings

VERHALE
1. Die telbare ontelbare name van God
Jou titel was ‘n trekpleister. Ek kon nie vinnig genoeg begin lees nie. Wat ‘n ongelooflike skat het jy hier aangebied! Ek het dadelik die oorspronklike kortverhaal gaan aflaai op Audible.
Ek is effe verward: is “Wagner” en “Watson” dieselfde persoon? Of was dit net ‘n fout?
Jy het ‘n baie suksesvolle aanbieding gemaak. Alhoewel jy ‘n hanetree oor die 800 woorde geskryf het, gaan ek jou nie daarvoor diskwalifiseer nie. Daar is een plekkie in die verhaal waar punktuasie verkeerd is en die sinkonstruksie op ‘n ander. Dit is egter so klein dat dit nie my algemene indruk vertroebel het nie. Welgedaan!

2. Die berugte Bengaalse Ming
Die verwerking van die bronteks is keurig. Welgedaan.

3. Die meisie met die platformskoene
Alhoewel ek baie van jou vertelling gehou het, merk ek jy het nie ‘n bronteks gebruik nie. Jy het dus nie die opdrag nagekom nie en kan ek nie jou verhaal beoordeel nie.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed