Jy
Jy
Met jou windverwaaide kuif
en tergende dimpels-glimlag
was jy veroweraar op die krieketveld
Sowel as in die liefdes paradys.
Vir my het jy gevang
terwyl my hart nog aan ‘n ander moes behoort.
En ek het jou gevolg
met blinde verering in my oë.
Misverstande het egter ons ontwakende liefde dood gesmoor
en ons het soos vreemdelinge geword –
skynbaar onbewus van mekaar se pyn en seer.
Nou, na al die jare
gebeur dieselfde weer:
Al wat ek wil doen is om jou vas te hou
en te laat weet –
ek’s na al die jare steeds net hier.
Yolande van Coller
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
jou woorde weerspieel n groot eina en eensaamheid!! Pragtig en vol verlange gepen