Jy is daar – My liefdesvers
‘n Kort vers vroeg vanoggend,
net om te sê
hoe mooi elke dag eintlik is,
met net die stille wete, jy is daar (altyd daar).
Nie hier by my nie, maar net daar ….
Dalk ‘n glimlag deur my onbespeurd,
‘n stil gedagte (wie sal weet?),
‘n oproep vêr as jy sou wou…
Maar meesal net die wete
Jy is daar
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.