As die natuur roep
As die natuur roep In die Boesmanland op die Pofadderpad het ’n oom geboer wat toe ek ’n kind was vir my na ’n reus gelyk het. Nie dat hy so danig lank was nie maar sy omtrek was buitengewoon. Hy het ook een van die Ford Transit bakkies gery met die groot deure. Ek […]
Wat ‘n Offer
Wat ‘n Offer Waaraan, sal ons dan die lewe meet het ons enigsins die waarde vergeet ons ervaar, ons sien die lewe in die natuur dit het smaak, dit is soet, dit is nie suur die liefde vra dat jy offer al kos dit jy land in n koffer wat vra offer in die lewe […]
Die Alkoholis
‘n Man strompel by die straat af en gaan sit op die asblikke buitekant ‘n restaurant se deur. Hy ruik die geure van die gebak en brou van die restaurant. Hy is honger maar vandag is hy so dors. “Hier sit ek vandag op die asblikke in die stegie. Hulle noem my die koning, Koning […]
Jy steel my stem
Ek is Afrikaans. Dit is die taal wat ek praat. Dit is die taal waarin ek dink. Dit is die taal waarin ek lief het. Dit is die taal waarin ek verstaan. Dit is die taal waarin ek treur. Dit is die taal waarin ek soebat, smeek, veg en baklei. Ek is gebore in hierdie […]
Stompsinnigheid
“Probeer ‘n ander een. Vinnig!” sê Maggie terwyl sy rond trippel. “Ek het! Die chimera is net té sterk!” Danielle kyk na die monster moedeloos. Lawa spat na hulle vanaf die vreesaanjaende gedierte se bek en mis hulle net-net soos ‘n botsende towerspreuk die chimera in die oog tref. “Ek’s te jonk om te sterf!” […]
Vriendskap Formasie
Formasie ons leef kom in n kort tyd van baie ver af aan voel soos dit moet soos dit hoort en behoort woorde wat sinne maak word woorde wat sin maak en sinne word woorde enkele woorde wat sinne praat woorde wat stil en stilte praat ek het nie altyd woorde om te verduidelik maar […]
Die oorlog
Series: Die oorlog Episode 1: Verlore soldaat Sy hande is plat teen die wit teels gestut, sy liggaam vorentoe gelê. Dit lyk asof hy die muur wil om stoot soos Simson in die tempel. Die water van die stort hardloop oor sy kaalkop, die druppels jaag soos formule 1 motors by sy gespierde lyf af […]
Woordspatsels: Lysies
My moet-doen-lysies word langer. Afsprake word gejaagd in my dagboek neergeskryf. Verjaarsdae is noodgedwonge op die almanak gestip. Pasiënte se notas in swart ink verwoord en in lêertjes geprop. Kleefnotas suig oral vas soos verwarde vlinders. My siel kom uit ‘n vervloë tyd en wonder wanneer het skryf sy romantiese kleed verruil vir fytlike en […]
Christene sonder pyn
Dagstukkie: Lees gedeelte: Matteus 16:24 Christene sonder pyn. Ek staan in verbasing as ek hoor en sien hoe christene eis dat hulle ‘n sorgvrye en pynlose lewe moet hê weens die feit dat hulle christene is of so-genaamd. Wanneer jy vir hulle sê dat jy siek voel of ‘n finansieële krisis het, wat ook al, […]
EK DOEN NIE HIGH TEA NIE
EK DOEN NIE HIGH TEA NIE Staan en kyk na die modderstreep oor my een kaalvoet en die woefspoor op my bloes – ja, ek weet eers dis nog vroeg; maar…. Uhm ja – ek’s seker lankal by daai ouderdom verby waar ek nie net veronderstel is om te weet hoe ‘n dame haarself moet […]