Mosselbaai
Mosselbaai Goue velde lê voor ons uitgestrek die pad noem hul Duiwelsdrek. Kort voor die ou groot -hek draai ons af, soekend na ‘n beter plek. Met my Volksie swaar gelaai, eindig ons by Mosselbaai. Witborskraai ķom maak ook sy draai, Tent reeds opgeslaan, is dit tyd om ‘n vis te braai. Lang padlê nog […]
Dalk ñ bouval
Dalk ñ bouval. Weggebêre waar niemand sien staan n huisie, goed verniel. Vertel ‘n storie van eens ‘n sprokie.Stemme lag, ‘n tuin wat blom,’n tuiste vol liefde. Nou ‘n bouval, hartseer vir die oog. ‘n Voetpad lei waar eens ‘n tuin. So is daar ook ‘n lewensverhaal. Eens was alles mooi, ‘n legkaart voltooi. Lewenswinde […]
Bosveldbrander
Bosveldbrander Op die horison, witgepakte wolke kom stadig nader. Grys raak die lug, donker hang soos die diepblou see. ‘n Gerommel in die verte kom al nader. Rollende gebrul wat oor die hemel spoel, raak al harder soos die rowwe see. Skielik ‘n oorverdowende knal wat die lug laat vibreer soos ‘n groot brander besig […]
Storm in ‘n bottel
Storm in bottel. Op my lewenskip het ek gevaar, Seile styf gehys, gereed vir elke gevaar. Donker nag en stormwind het my skip amper laat sink. Golwe kom en gaan, my skip is al half gedaan. Skielik skrik ek wakker en besef hierdie storm is net in ‘n bottel. Oop blou see wag getrou. Uit […]
Lied vir die maan
Lied vir die maan Groot glinsterbal in die hemelruim. verlig die sterre-nag metsoveel prag. Geen mens kan jou vang ‘n paar het jou besoek,tog het jy verblyf verhoed. n Lied wil ek graag sing vir die man op die maan. Sal jy dit vind, iewers op jou wentelbaan? Deur: Ryno du Plessis
Soet geur van sonde
Opregte heer, staan jy voor my deur, skoon geskeer met ‘n soete geur. Jy stel jou voor, maar sonder naam, jy is alles behalwe skaam. Die gevoel is reg, my wese veg, iewers weet ek iets is nie reg. Rose van alle kleure, sjokplade met likeure, verlei jy vele, soveelkere. Saggies fluister jy: Jy het […]
doodstyding (Goud)
die tyding van Moeder se heengaan die nuus dat haar dralende koma-asem weggeraap is deur die dood had my terug in my primitief-gestroopte staat ek het instinktief…soos knap ná geboorte met dom-benewelde oë die pasgeborene-lê gaan lê my arms het gemaal leeg-omhelsend…tastend na haar, Moeder my huil was […]
woorde is oorbodig – Silwer
die vredige stilte tussen ons spreek meer as ‘n duisend woorde waar ons onbevange flankeer met melankoliese maanligstrale en sterre sito-sito hul verganklikheid sein in flonkerende morsekode jou nabyheid is ‘n kosmiese orgasme