Soos Ryp Druiwekorrels
Soos Ryp Druiwekorrels Soms, net soms, druk die feesdae swaar op die gemoed en vul dit met verlange en herinnerings tot barstens toe vol en woorde ontbreek tong en lippe stom van ingehoue emosie dan wil jy saam met Queen sing I want to break free om uiting te gee aan jou gevoelens, maar dan […]
Vonnis
‘n vonnis so finaal is bepaal witjas jurie kom na vore liggaam geboë frons tussen oë bekwaamstes staan verslae nog ‘n uitklophou deur die groot K die nuus wat hul dra maak hul goedkoop van regverdigheid gestroop die vonnis word gevel wyd oop poorte van die hel ‘n lewenslange lyding net die dood bring bevryding […]
Tyding
minute, ure tik verby my oë kyk na bo terwyl tyd deur die uurglas gly in ‘n wit hospitaalgang waar hoop en wanhoop wipplank ry om my is soveel lyding ek moet bly glo bly wag op goeie tyding in my hart weerklink ‘n lied God se boodskap in my wese gegiet ek weet ek […]
Kankerroos
saam gelag, geleef, gespeel die lewe gedeel nie geweet dat die kankerroos onder groen blare bot net U die alsiende God het geweet wat niemand kon dat die saad van die dood wat in my kind geplant was binnekort sou blom
Stilgeboorte
steenkool, olie, roet verswelg ryk aardse lewe – besoedelingsvrug © Carma Shaw 26 Maart 2017
Brandstigting
rook veblind die oog vlammende vure verwoes – môre brand tot as © Carma Shaw 25 Maart 2017
Op dowe ore
hoor, hoor! swaardswaaiers ons wêreld se kinders ween – bloed aan jul hande © Carma Shaw 25 Maart 2017
PAPPA IN MY DROOM
Jou knobbel hande, vou veilig om myne, jou arm by my ingehak, loop ons, onverpoos, deur die skare, en jy bid asof jy nog nooit bang was. Dit was jou bid, jou opkyk na bo, wat maak dat ek vandag nog probeer glo. Wanneer jy met jou God praat, het jy dit gedoen asof jy […]
Huppel-kind
my huppel-kind kind van my gees wat was en sal wees blinkend ster wink van ver kwiksilwertjie jy vlindertjie vry snoesige katjie koketterige platjie weerbarstige watertjie wat babbel en skatertjie kabbel oor klippies dogtertjie, my dogtertjie met valletjies en strikkies laggies en drukkies ag as jy maar net kon bly maar ‘n engelvlerk het op […]
Laat jou weg aan die Here oor (Ps 37)
My kind moenie bang wees nie vertrou op die Here Hy is jou redder jou toevlug in moeilike tye sal Hy jou help Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die middagson skuil in die skadu van Sy hand hou vas aan Sy woord Hy sal jou beskerm doen wat reg is wandel in Sy […]