God se kind
Die mense het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak. Die dissipels het gesien wat aangaan, en die mense voor stok gekry. Jesus het egter die kindertjies nadergeroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense […]
Verlossing
ek sou vir my ‘n wolk bid voor die warm son ek sou ‘n donderwolk bid as ek dit net kon een met volop water in haar binnebuik een wat mildlik reën stort uit die oorloop van haar boeppenskruik ek sou vir my ‘n wind bid wat noordwes waai een wat nogal koud voel een […]
My linkerhand-kind
my kind, jy sê jy wens dat jy my linkerhand-kind my regterhand was wat fyn en raak kan vat klere maak waaroor almal O… en A… gebak voorsit by die kerkbasaar maar jy voel jy laat alles val jy is nie eers ‘n ma wat lewe in jou dra tog my kind is jou lewe […]
My meisiekind
jou mooi siel weerkaats in diep poele water in die woestyn is ons my oase uit jou oë put ons krag dag vir dag bring jy koel lafenis vir al wat seerkry mens en dier is jy bring ons na oases wat heel dit wat jy het word met ander gedeel uit die diep poele […]
Kind van klei
my kind van klei binne Gods genade kon ek jou na Sy beeld brei geseënd was ek om te kon werk aan Sy kosbare skeppings-taak nou is jy groot moet jy jou eie pad loop kan ek jou net in gebed opdra verwonder en verwond sal jy menigmaal voor jou eie kruispad staan my kind… […]
BEBLAARDE BEJAARDE
In my tuin staan jy, boom van baie jare oud groot en sterk, vasgewortel in die aarde deur die jare jou groei geggroei, wyse bejaarde my wegkruipplek, my enkelboom woud jou soort beskik oor baie waarde suurstof en koelte oor die aarde skryfpapier en vuurmaakhout, maar vir my, ’n vriend, my beblaarde bejaarde my kop […]
Droomvanger
gooi jou net wyd uit om jou drome wat aan die hemelkoepel hang in ligstrale vas te vang te bind met ‘n goue lint dit jou eie te maak my kind reik uit na die verste ster want ek weet jy kan my swaweltjie wat hunker na die blouste blou op lugstrome van ons liefde […]
Skatkis van geheimenis
kom sit hier styf teen my my kind dan wys ek vir jou ‘n goue bal verkleur van wit na geel na rooi wat vinnig na die aarde val as die wêreld in gebed stil raak kom hou my hand styf vas as die nag ons onder haar kombers toemaak hoor hoe breek die stilte […]
Voel wat ek voel
Die laataand vang my in sy wip grou klou in ‘n ewige sirkel van onthou Raak my dae te skraal en my kamer se muur te nou Klosse goud in die son lӗ bont gespikkel langs die groen- grou see Verby vlug die die sagte reӫn en skielilik voel ek weer alleen my hart klop […]
Hartedief
my seuntjielief hartedief met jou karnalliestreke jou soet en stoutighede met suikerbeksoentjies kousies en skoentjies jou kettie in jou sak het jy sak en pak met kuiltjies en laggies o so saggies voor ek my kon kry diep binne in my hart kom bly hier het ek vir jou ‘n vesting gebou teen wind en […]