Vlindersag
Vlindersag Ek het jou dadelik herken en geweet jy is myne en het my geroeste hartkamers geolie en die deure geluidloos saggies oopgeswaai sodat jy kan inkom Van iewers het jy en die liefde vlindersag ongemerk sonder luide trompetgeskal arriveer in my lewe as die mooiste, blinkste ster in my hart se firmament en jy […]
Mnr. Pofadder
Het jy slinks na my geseil Vir Eva om die bos verlei Met mooi woorde vlyend In my oor kom fluister My sonstrale het jy gewaar Gesoek na die perfekte lê plekkie Naby genoeg aan die hart van die son Het jy kom broei en gestaar. Jou naam loop jou vooruit Bekend vir die meeste […]
Fransmanshoek
blouste blou hemel gedoop in ‘n silwer see ‘n geheiligde tabernakel weerkaats ‘n stukkie hemel op aarde God se vingers het stil geraak hier het Hy vertoef sandkorrels afgemeet aan die mens ‘n stukkie beeltenis gegee van geloof hoop en liefde ‘n rots uitgebytel wat verswelg in die see omring deur woeste waters hier is […]
Die Here het geskommel, en die opvolg en gevolg daarvan…
“lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas ‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas en dis alright pêllie dis alright ons kannie worry nie ‘n sigaretjie en ‘n kannetjie Oem Tas en ‘n lekker meid en lekker anner dinge oe! lat die wêreld ma’ praat pêllie los en vas wat daarvan wat daarvan […]
Nuwe begin
so het ek jou gedroom, gewens dat jy moes kom jou donshaartjies teen my wang jou mondjie soekend teen my bors jou lyfie styf teen my voel alles so bekend kreukel-voetjies wat vêr paaie moet loop vingertjies wat om myne krul en ogies wat opkyk na my noudat jy hier is buite jou beskermde wand […]
Die wonder van ma word
jou bloed vloei in my my bloed vloei in jou my kind van God gekry ek asem jou soet beloftes in jy ontkiem diep binne my groei tot iets amper heilig jy is deel van my ek is deel van jou hier by my is jy veilig ons harte klop as een jou naelstring dring […]
Kunswerk
soos ‘n Hanna het ek jou in my gebede afgesmeek in geheimenis het jy saad geskiet in ‘n heilige oomblik is ‘n stukkie hemel aan my toevertrou ‘n geskenk uit die Vader se hand ‘n kunswerk in verborgenes gebou is jy ons kosbare liefdespand ‘n wonderwerk is voltrek elke vesel van jou het diep in […]
Bloed plasse
Tussen bleek hande en groen sakdoeke tussen die vlees en glas soek ‘n seun in bloed na sy sussie… slaap rustig kinders
Vlinder
my begin wurm gering… deur vuil voete getrap voete wat ongeërg wegstap onder blare weggekruip het ek ontluik veilig in my kokon toegevou stil gewag op God vertrou kunstig geweef in verborge geheimenis ontluik tot dit wat ek is ‘n vrou wat lewe dra wat die vreugde en pyn leef van ‘n ma wat geboorte […]
Ons liefde
ons is verlede toekoms ineen ons so saam vir mekaar geleen jy kleef aan my ek is deel van jou ons het mekaar nodig soos plante die reën onvergeetlik mooi ons liefde deur die jare geseën. saam geblom oud geword… rimpels van tyd maak woorde oorbodig