Vlinder
my begin
wurm gering…
deur vuil voete getrap
voete wat ongeërg wegstap
onder blare weggekruip
het ek ontluik
veilig in my kokon toegevou
stil gewag op God vertrou
kunstig geweef in verborge geheimenis
ontluik tot dit wat ek is
‘n vrou wat lewe dra
wat die vreugde en pyn leef van ‘n ma
wat geboorte gee aan moontlikheid
so deel kan wees van oneindigheid
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.