Jongste aktiwiteit:

Mnr. Pofadder

Het jy slinks na my geseil
Vir Eva om die bos verlei
Met mooi woorde vlyend
In my oor kom fluister

My sonstrale het jy gewaar
Gesoek na die perfekte lê plekkie
Naby genoeg aan die hart van die son
Het jy kom broei en gestaar.

Jou naam loop jou vooruit
Bekend vir die meeste byte
Jy myself teen jou gewaarsku
Dat een byt jou sal vernietig

Stadigbewegende slang
nog steeds nader gekruip
Om my te byt
En jou sitotoksiese gif
My lyf in te vaar
En jou gif, my hart laat staan
Jou gif, het my siel beswadder

Dalk as Mnr. Spoegkobra
Kon jou gif my oë vernietig
En ek my blind staar
Aan al jou …..

Sterk genoeg gaan die hart weer aan die klop
Sterker as strek
Jou teengif was van geen belang
Want opstaan sal ek weer
Soder n bang haar
Sal ek weer leef tot in lente van dae




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed