
Vlindersag
Vlindersag
Ek het jou dadelik herken
en geweet jy is myne en het
my geroeste hartkamers geolie
en die deure geluidloos saggies
oopgeswaai sodat jy kan inkom
Van iewers het jy en die liefde
vlindersag ongemerk sonder luide
trompetgeskal arriveer in my lewe
as die mooiste, blinkste ster in my
hart se firmament en jy is daar om
vir altyd met liefde te vonkel en skitter.
Ek het jou dadelik herken en geweet
jy is myne …
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.