Fransmanshoek
blouste blou hemel
gedoop in ‘n silwer see
‘n geheiligde tabernakel
weerkaats ‘n stukkie hemel op aarde
God se vingers het stil geraak
hier het Hy vertoef
sandkorrels afgemeet
aan die mens ‘n stukkie beeltenis gegee
van geloof hoop en liefde
‘n rots uitgebytel wat verswelg in die see
omring deur woeste waters
hier is ek Sy sandkorrel kind
waar wit golwe hoog teen swart rotse slaan
kan die bruid haar Bruidegom ontmoet
in ‘n sproeireën van genade
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen! Kan jy asb net al die inligting wat SA Vryskutskrywer in die kompetisie reëls gevra het so gou as moontlik vir my per e-pos stuur by skryfafrikaans@ink.org.za