BLOM VAN DIE VELD
BLOM VAN DIE VELD O blommetjie vol eenvoud, sê my tog: Hoe is dit moontlik dat jy my so bly kan maak? ‘n Voëltjie wip kordaat hier op ‘n klip: Weet jy dan nie? Verstaan jy nie? Dis omdat God in haar gesien kan word.
LEEF
Leef Hom raak Hy wys die pad Ons gered van Dooie Bestaan. Sien deur Sy oë Die seer in ander raak Iets moet verander; Ek skuif nou uit Hy skuif nou in My ore gespits Vir Hom My Hart verbind met Hom Nie meer ń Slaaf Van doelloos bestaan (Die Leeu van Juda Vul my […]
HOOP
Hoop Hoop is geen vrees Wat jou beperk. Geen wegkruip plek Teen bang maak plek Koor Hoop hoop hoop Op God se Krag Hoop hoop. Hoop is vreesloos veg Dit laat mure breek Vestings spat in skerf Wat geloof beveg. Koor Hoop hoop hoop Op God se Krag Hoop hoop. Hoop is onbeskaamd bly en […]
GEES VAN GOD
O Gees van God Vloei deur my Vervul nou my hart Met liefdes krag. Koor; Deurdrenk my Met U heerlikheid U my Koning U is my Heer O Gees van God Vloei deur my Versag my harde hart Met liefde krag Koor; Deurdrenk my Met U heerlikheid U my Koning U is my Heer O […]
Saphira en die Biblioteek onder die Berg
Cian het besluit om by hulle te bly na die hele eenhoring-en-dwerg-ding. Eolande, natuurlik, is baie opgewonde daaroor. Jade, soos katte maar is, is ongeërg. Saphira daarenteen voel omgekrap. Sy weet daar’s nog baie wat hy haar moet leer oor hoe ander Feë hul towerkragte gebruik, maar dit voel amper asof hy haar oppas na […]
Iemand soos jy
Jou woorde ruk my rustig Jou gedagtes hok my vry Ek kyk bang vir jou, verlief Ek wag opgewonde vir die seer Jy is jy Lieflike onrus En ek, wel, ek soek myself nog
Sinker
As jy my vergeet – Onthou net wat die seer jou geleer het Anders was ons vir niks
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite – die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate – die teer en die beton – tot waar die son skyn […]
SHOWVILLE
dis Showville in Bethulie en die hele dorp is daar op stoele netjies uitgepak – in rye – langs mekaar daar’s ‘n poet en ‘n sanger en drie rappers wat moet spook want die vyfman wat pantsula dans die houtvloer aan die rook maar buite in die kampkerkhof tussen graf van kind en vrou sit […]