My Verwonde Seer Hart
My Verwonde Seer Hart Die aand is uitsigloos en grafstil net maar my hart se ritmiese klop, klop, klop so seer verwond maar wat kloppend vashou aan die vaal lewe— So uit my hart geskeur luister ek steeds vir die hekkie se oopmaak en bekende afgemete lang tree en sy voetstappe op na die voordeur […]
ANNA-MART KLIM UIT DIE KAS
Klein Anna-Mart se hart is baie seer sy is so bang dat sy nooit goed genoeg sal wees vir Jesus nie. Elke dag sê mamma dat Jesus vir haar kyk en dat Hy weet as sy stout is. Sy sê dat Hy haar eendag gaan straf omdat sy nie luister nie. Vandag het sy al […]
Sommige dae is oranje
(teen die kromming van my nek lê die slierte onperfek . . . ek voel weer teen my wang die krul van hare hang) party dae is gemaak om buite te kan sit wyl die winterson se kus teen rûe en geboë skouers rus ~ langs die skadu van ‘n boom waarin ‘n duisend voëls […]
Skulphart
Groen gly uit my oë wanneer ek stip na jou staar sien ek jou skulphart voel ek jou skulptraan brand in my skulphand Ek is ‘n donsie wat aan jou wense vasklou. in duisternis, ‘n fluisterstem in jou oor jy wat al my krake wegtoor maar ek bly ‘n spook wat verby jou toer Ek […]
Hemelbeeld
Hemelbeeld ‘n Ruiter in swart (perdehoewe wat druis) het in my asem tuisgegaan en as ek kón sou ek sterre opbring. Só sal ligdraers deur my oë tuimel; ‘n karos van melkweë my bind, voor dié heilige gloed sal ek hurk – in stille aanbidding – my hande in vlamme doop. Uit die smeltkroes letters […]
Ek Is Vry
Ek Is Vry- Jou gedrag het baie onpersoonlik geraak jou sagte oë is sku ontwykend my liggaam deur jou liefdeloosheid geleidelik wees gelaat maar ek kry afstand en beskou jou ondersoekend — Wie het my held se liefde gekaap sy rotsvaste voete tot klei gemaak? Skielik voel ek die weersin opstoot want jy lyk en […]
Blomme oseaan
In jou arms word ek stil wakker soos ‘n aandblom weerloos wagtend in ‘n stille bestaan Flikker en vlam van helder tot flou bo span die hemel agter wolke in blou Om te mag droom om te mag wens ek het gedink jy het geweet maar hoe kon jy so gou vergeet
Ek is hier, vir altyd …
wanneer woorde soos bliksems om jou val wanneer die lewe voel soos ‘n donker dal wanneer jy twyfel, en is spyt weet dan ek is hier, nou en vir altyd wanneer die dade van ouds jou seermaak wanneer gebeure van lank gelede jou hart raak wanneer verwyte jou siel uitbuit weet dan ek is hier, […]
KOSMOS
KOSMOS Die weelde in jou arms oorweldig my – oorvloedig, soos jou minsaamheid. Dis kosmos – lenteblomme in die herfs. Jy is vir my ‘n kosmosblom. In die winter van my eensaamheid word jy na my gestuur.
SOMER OP BLOUKOP
SOMER OP BLOUKOP hoe broosroos die oggend hoe uitbundiggroen die middag hoe tevredeblou die aand