As die Drolpeer blom
Onder stofnewels wat dwarrel en draai oor safraan savannas van Springbokvlakte blerts die blommeprag van trotse Drolpeer in ‘n skerfie wit wat om dorheid beur, brekend; soos vergruisde sterre deur verdorde loof om halleluja’s in witpapierblom uit te jubel oor ‘n nuwe Somer wat naderkom © Anzé Bezuidenhout
God se skeppingkeur?
Viooltjies geil in bonte blou vergeet skoon van die winterkou papawers weer in sagter kleur waar wilgers langs die leistroom treur Maar bergaalwyn het klaar geblom wag grysgroen weer tot winter kom en in haar plek blom gousblom geel met vlindertjies wat oor haar streel Pampoenblom rys haar stug kordaat met nerfies-aartjies fyn brokaat want […]
VROU BY JESUS SE VOETE
Vrou by Jesus voete. Vrou van strate af, besmet met sondelas, kom met ‘n stukkend’ hart. Soos erdekruik wat bars, Stort jy ‘n oorvloed trane uit Om voete te was van Hom wat kosbaar is. Jou hare is jou afdroog doek. Jy soen die voete oor en oor. Met kosbaar olie salf jy voete wat […]
Versugting
Maak my ’n lied wat God’s liefde besing o Gees van vertroosting wat vrede bring was my dan spierwit in die Lam se bloed en skep so in my weer ’n rein gemoed. Poets ook my lampie so dof en wat kwyn tot liefde wat gloed en donker oorskyn sodat ander nog deur sonde verblind […]
GOD SE MOEDERHART
U voel met deernis; ja, U ken die vrouehart. Voortplantings krag het U in haar geplant. Die hemel en die aarde Is geskep met asemteug. U’t sterre laat ontplof In hemel ruim. U asem bring die lewe! Vroulik– dis u vrugbaarheids plan. Satans mag verbreek U Deur u opstandings krag. Hy’t nie geweet van Vader […]
Die kronkelpad van die kanniedood
Liefdes blom hartseer blom kruispaaie het jou gelei na soms nӗrens, maar jy was die vergestalting van my mooiste drome Die hartseer en rou lig van gister skyn versagtend oor jou in hierdie oomblik van nou ‘n hongerblom se hartseer onthou Hier waar ek staan en kyk na jou hoe het jy dit gemaak deur […]
DIE DODELIKE SPEL DEEL EEN
Jack Scriven se kinderdae was bitter moeilike jare. Hy het op die delwerye langs die Oranje Rivier groot geword waar sy pa op hulle kleim gedurig op soek was na die grote wat hom skatryk sou maak. Dit het egter nooit gebeur nie en moes hulle oorleef op die paar klein diamantjies wat hy op […]
WINTERSWINDJIE
Waarheen waggel jy so skaamteloos winterswind met jou gister flenterskoene geknoop met strengelgras en fyn grondpadstof as sool Jy dans jou vreemde volkslied in die skadu’s van die maanlig uit en trek jou herfsblaar aanddrag baadjie aan terwyl jy voor die blaarlose boom gehoor ‘n ou lied van verlede jaar se somer met verouderde instrumente […]
Hoe lank moet ek nog skyn?
Ek skyn dimpelsag oor kleine kinders laat hulle, in hul drome lag – Ek skyn ñ volle nagwaak oor adel-moeë boere in hulle reënversugtingslaak – Ek skyn ñ nimbusboog oor liefderyke moeders wat hulle babas, so teertroetelsoog – Maar ag liewe Heer, hoe lank moet ek nog skyn oor owerspelers se vreemde-bedde deel? Hoe lank […]