VROU BY JESUS SE VOETE
Vrou by Jesus voete.
Vrou van strate af,
besmet met sondelas,
kom met ‘n stukkend’ hart.
Soos erdekruik wat bars,
Stort jy ‘n oorvloed trane uit
Om voete te was
van Hom wat kosbaar is.
Jou hare is jou afdroog doek.
Jy soen die voete oor en oor.
Met kosbaar olie salf jy
voete wat die lydens pad moes loop.
Wat het jou hart geroer?
Het jy sy liefde groot
Vir jóú –
Vol sonde en ook skewigheid –
in sy oë gesien?
Geen oordeel was daarin,
Want anders was jy glad nie daar
Sy liefde het jou hart getref.
Jou hart het omgekeer vir Hom.
Jou liefdesdaad
hetsy hart aangeraak.
Vergewe, vrygemaak is jy.
Jou hart nou skoon gewas
Met kosbaar
Jesus bloed.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
... en so was Hy elkeen van ons skoon. Dit is pragtig vasgepen