Jongste aktiwiteit:

lEA

Jy, die vrou met dowwe oë,
hoe moes jy nie gevoel het
Toe jy hoor:
Ag néé, nie sy!
Verneder en verslaan
Was jy.

Volhardend het jy
huweliks- belofte trou gehou.
Tevrede met die krummels.
Hoe moes jy nie voel….
En met ses seuns kon jy
die liefde glad nie wen.

Jou kind sien jou seer.
Met liefdesappels probeer hy troos.
God ken ‘n vrou se hart.
Hy weet van kinders wat verheug.
Jou seer by Hom gelos,
Vind jy uiteind’lik vrede
By jou God.

Met swaarkry het jy beland
In God se Vaderhart.
Jou fokus is op Hom.
Jy is ‘n vrou so na sy hart!
Hy kroon jou nageslag.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed