Nes seepborrels
Hy tas in ‘n donkerte rond, soek antwoorde, swyende, in sy onmag het hy versoen met wat hulle hom aandoen. Hy spook onverpoosd voort, verlate, in ‘n verlede vergete en van liefde is hy ontneem, van drome en lied vervreem In stilte blom hy in sy onmag en verwronge gesigte wat lag is sy besoekers […]
Ma
haar hande dese dae twee bewertjies – klein woelig en niestandhoudend haar lyf ‘n koepel kromgetrek deur onbeantwoorde vrae geklee in son en see en laatsomer dae lippe sonder bewussyn aan’t bid geoefende prewel sonder rym genade vir haar kroos, haar nageslag vir nagte sonder skete en pyn met geleende oë kyk sy smorens die […]
Soutloop
springgety stu en dy deur waterlope van volle maan waar spiraalveer net en syfer in koralyn motet van oseaan skrabeuse rots se riffelrug groen bedek in alg en kelp perlemoen benat in hemelblou suutjies leun teen duineveld tussen windmoeg vygies wat skunnig tussen soutbos blom staan haar lyf geëts in keëlskulp van ‘n oorloop maan […]
Talm
ek staan besluitloos voor die boekrak veeg ongeërg oor skilfers van ‘n ou woordestroom – sameroepers van woord en rym ou geskrompelde woorde wat skuil in deurwinterde poësie – ook woorde in my eie hart wat kop onderstebo skuil agter ‘n gekneusde ribbebeen, wat kromvinger wys na goedgevormde dig gebundel tussen leer en lint (die […]
Resensie: Die film, Ek en Kaminski
MET DERTIG is jong mense wat pas ‘n universiteitsgraad ontvang het gewoonlik trots op hul prestasie en dikwels eersugtig. Sommige ly onder selfoorskatting. Menige, nie alle nie, word bekrompe, arrogant, skrupelloos in hul poging om na bo te streef. Mense kan, soos hulle oud word, al hoe milder word, kan ‘n seënsryke uitwerking op hulle […]
Sonder jou in my môre …
sal jy môre nog daar wees om my vas te hou sal jy môre nog loop met jou hart op jou mou sal jy môre nog opstaan en lief wees vir my sal jy môre nog vra om ‘n soen van my te kry sal jy môre nog ‘n rukkie stilstaan en my nog ‘n […]
Ek ken jou soms
Wie is jy? Wese waarvan ek droom – meerman wat bly by die see en nooit skroom om grepies uit sy dag vir my te gee. Jy kom lawe my roos woestyn met die teerheid van ñ gentleman ‘s touch wat rakelings die ruwe rots van my bar siel laat verbrokkel. Jy soutsproei die dorings […]
Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel vernietig. Ek sny jou met my warrelwinde en maal jou gedagtes fyn. Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel verpletter. Ek breek jou hoë mure af tot op die grond en laat jou weerstand verbrokkel. Ek is die storm wat […]
DIE WINKENDE DOOD HFSTK 2
Catherine se ouers vertrek vroeg die Vrydag vir die naweek. Haar ouers se vroeë vertrek gee haar die geleentheid om haarself rustig voor te berei vir haar eerste opwindende aand alleen saam met Paul wat sy so teen ses uur se kant verwag. Hy het belowe om ook bietjie vroeg weg te loop van kantoor […]
My liedjie
My liedjie My liedjie Ek hang my liedjie aan die wag ‘n bietjie bos en los my wrok liefde en skok en bloc met bekorings en verskonings gelaksman aan sy spyker haakdorings tydsaam pynlik af te pik en verteer, elk korrel ‘n strik— Janetta – Helena [Babs] ©